meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek poog

Monday 9 March 2015

Ek poog


Die pogings van my hand
Is soos water op die sand
En die son wat dit verdroog
En verdwyn in die hemelboog
 
Dis asof ek nie hier was
Alles is soos dit vroeër was
Nie ‘n klip uit sy plek
‘n paar gedigte van ‘n vrek
 
Ook dit word weggegooi
Wanneer hulle my assies strooi
En die aarde my opneem
En my van alles vervreem
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

No comments:

Post a Comment