meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: My gediggie vir jou

Wednesday 11 March 2015

My gediggie vir jou


Ek is seker jy het dit al gehoor
Maar Miskien het jy die woorde al verloor
En ek wil jou net herrinner aan dit
Sodat jy weet hoe lief ek jou het
 
Uit my hart se kamers kom ‘n woord
Van waar my liefde vir jou hoort
Maar het oos ‘n trekvoël weggevlieg
Tot in jou hart se wieg
 
Vanwaar my lied te voorskyn kom
Vanwaar my lied soos die son opkom
En my woorde soos sy strale versprei
En dit vrede en liefde in jou hart kan kry
 
Dan vlieg dit oop die aarde heen
Waarvan elkeen ‘n ietsie kan leen
So gryp ‘n bietjie liefde uit die lug
Die woorde van my gedig
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

No comments:

Post a Comment