meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Uit die bloute

Wednesday 11 March 2015

Uit die bloute


Uit die bloute daal n engel neer
En bring vir ons die seer
Want hy het haar kom vat
'n asemrowernde skat
 
Hy het ons lewens hier kom skud
Om nog 'n ster aan die hemel te sit
Sodat wanneer ons dit aanskou
Ons haar sal onthou
 
Maar sy neem ons liefde saam
Wanneer sy deur die poorte gaan
En al hou Hy haar hand
Sal ons liefde in haar brand
 
Maar die pyn is vlak gelee
As ons haar prys moet gee
 
 
Lukas Engelbrecht
 



No comments:

Post a Comment