meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: O, oseaan

Wednesday 11 March 2015

O, oseaan


Wat kan ek van jou leer
Jy, wat altyd vorentoe beur
Wat aanhou en aanhou
En op die wind vertrou
 
Wat nie ongee vir dag of nag
Ook nie oor jou eie mag
En dit wat jy wegsteek
Met jou skoonheid versteek
En my aandag op jou golwe vestig
 
Maar diep, daar diep binne jou
Dit wat ek nie kan aanskou
Wat le daar en wag
Wat hou jy vir die nag?
 
Die rots maak jy nie seer
Al probeer jy weer en weer
En al lyk jy so glad soos n spieel
Is dit waar die ongediertes speel
 
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

No comments:

Post a Comment