meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Begraafplaas

Wednesday 4 March 2015

Begraafplaas

Op die plaas is nog ‘n plaas

Waar grafstene in die windjie raas

En sy liedjie vir jou sing

Om jou die dooie se boodskap te bring

 

Hulle sing van ‘n lewe verby

Maar nou is hulle vry

Drome het hulle gedroom

Party was waar ander nog ‘n droom

 

Wat het hulle nie gesien

Het hulle gekry wat hulle verdien?

Hulle het hul oë gewend

Selfs na dinge nog nie bekend

 

Hulle weet wat ons nie weet

Van die vreugde en die leed

Van alles wat daar is

Van voor en na die dood, beslis

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment