meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: March 2015

Wednesday 11 March 2015

Sun Cottage


(my inskrywing in Sun Cottage se besoekersregister)
 
At the end of the days
When silence hits you in the face
And total darkness covers the day
And shift it over the mountain top
A million stars to greet the night
To remind you of His Might
You’ve witness Him on stage
When you’re at Sun Cottage
 
Lukas Engelbrecht
 

 

Uit die bloute


Uit die bloute daal n engel neer
En bring vir ons die seer
Want hy het haar kom vat
'n asemrowernde skat
 
Hy het ons lewens hier kom skud
Om nog 'n ster aan die hemel te sit
Sodat wanneer ons dit aanskou
Ons haar sal onthou
 
Maar sy neem ons liefde saam
Wanneer sy deur die poorte gaan
En al hou Hy haar hand
Sal ons liefde in haar brand
 
Maar die pyn is vlak gelee
As ons haar prys moet gee
 
 
Lukas Engelbrecht
 



Ons harte is seer


Ons is besoek deur ‘n engel
Om die ligte af te skakel
Van ons geliefde
En los ons met ‘n leemte
 
In ons gedagtes leef sy voort
Met vrae onbeantwoord
Maar nou sal sy weet
Ons sal haar nooit kan vergeet
 
Lukas Engelbrecht
 
 
 
 

Bloedrooi Lint


My woorde lê nog nat op die papier
Toe ek dit aan die posduif bind
En al is dit ‘n baie ou manier
Veral met ‘n bloedrooi lint
 
Ek hoop dat jy sal kan verstaan
En my briefie sal kan lees
Dat die ink nie vir ewig sal bestaan
En dit so gou moontlik sal lees
 
Want in die woorde is daar verskuil
Tussen die woorde is daar verberg
Dat ek elke aand oor jou huil
Totdat die slap my trane verberg
 
Maar die ink is nou droog
En het van die papier geval
Deur die jare verdroog
En nou lê my hart in die gal
 
Lukas Engelbrecht
 




Tweet posduif


(vir Chris Chameleon op Twitter)
 
1
Sprei jou vlerke en vlieg
En bring ‘n liefdesbriefie terug
 
2
Uit my hart stuur ek ‘n briefie vir jou
Vol liefde waaraan jy kan klou
 
3
Sprei jou vlerke oor my pad
Want jy ken die kortste pad
 
 
Lukas Engelbrecht
 



Posduif


(vir Chris Chameleon se Facebook blad)
 
1
Op die vlerke van die wind
Skryf ek vir jou ‘n brief
En ek hoop dat die posduif jou sal vind
Sodat jy sal weet ek het jou lief
 
2
Ek stuur ‘n briefie met ‘n posduif vir jou
Net om te sê: ”Ek berou
Die dag toe jy weggegaan het”
Want ek voel jou nou nog hier in my bed
 
3
My woorde fladder deur die lug
Soos die vlerke van ‘n duif
Om ‘n plek in jou hart te vind
Deur die liefde wat ons bind
 
4
Ek stuur ‘n posduif na jou
Ek stuur my liefde na jou
Ek stuur my woorde na jou
Ek stuur akkoorde na jou
 
5
Wanneer die posduif weer terugkom
Met woorde wat uit jou hart uit kom
Hou ek die hemele dop en wag
En gee nuwe hoop my weer krag
 
6
‘n Posduif met ‘n briefie aan sy poot
Van my liefde wat net aan jou behoort
wat deur die bloue hemel sweef
op soek na waar my liefde leef
 
7
Soos die vlerke van ‘n duif
Sprei my arms om jou lyf
En fluister ek my liefde in jou oor
Voordat die posduif dit verloor
 
8
Ek stuur ‘n posduif om my wense te bring
Luister met jou hart as hy my liedjie sing
Deel my gedagtes in jou binneste
Want in my hart is jy die eerste
 
9
Al lyk my posduif soos ‘n pappegaai
En kan hy soms liedderlik lawaai
Laat hy jou met my boodskap paai
Voordat jy sy nek omdraai
 
10
Ek wag nog vir ‘n boodskap van jou
Die aanvaarding van my berou
Ek dag my oë het my bedrieg
Want die posduif het net verby gevlieg
 
11
Aan sy poot het ek my briefie gerek
Maar my posduif het gevrek
Nou lê ek maar hier my wonde en lek
Terwyl ek van eensaamheid vrek
 
12
My gedagtes vlieg die ewigheid in
Na ‘n hart waarin hy kan klim
Om ‘n warm Nessie te kan vind
Waarin my liefde rus kan vind
 
13
Soos ‘n posduif vlieg ek na jou
Gedagtes, wense, begeertes na jou
Om jou met my vlerke toe te vou
Met ‘n kokon van liefde te omvou
 
 



Wat is dit die?


Ek sit hier en wonder oor die lewe
Oor dinge wat jou siel sal laat bewe
Oor hierdie oneindigende baan
Wat ons as die lewe verstaan
 
Ek gaan maar net aan en hoop
Dat Iemand weet waarheen ek loop
Al in die rondte loop my pad
Dit lyk my ek het alles oorskat
 
Ek het gehoop en gereken
Dat hierdie lewe iets beteken
Soos ‘n tol wat bly spin
En ek eindig waar ek begin
 
Is daar hoop in hierdie lewe
Of is dit ‘n gegewe
Van geboorte tot die dood
Wonder ek of is daar hoop
 
Nikswetend gaan ek maar voort
Maar dis nie hoe dit hoort
Ek het regtig mer verwag
Miskien te veel verwag
 
Lukas Engelbrecht
 
 
 
 

Dit reën in my siel


Diep in my siel val die reën
Waar is die God wat my sal seën?
Want daar buite skyn die son
Maar dit is nie wat van binne kom
 
Soos ‘n blaar wat waai in die wind
Waar sal ek die Koningkryk vind?
Maar selfs die wind het van my vergeet
Nou lê ek maar hier in my leed
 
Waar sal my hulp vandaan kom
of is ek nou net dom?
Was al die vooruitsigte verniet?
Sal ek omkom in my eie verdriet?
 
Eendag sal ek alles op kan som
Wanneer ek terugkeer vanwaar ek kom
Eers dan sal ek leer
En miskien weer prober
 
Lukas Engelbrecht
 
 
 

Naby jou


Soms is ek stupid en dom
Veral as ek naby jou kom
En as jou skoonheid my verbaas
As my binneste begin raas
 
Maar nou verlang ek na jou
En ek weet nie waar is jy nou
As ek maar net kon weet
Sou ek daar by jou kon wees
 
Lukas Engelbrecht
 
     

My gediggie vir jou


Ek is seker jy het dit al gehoor
Maar Miskien het jy die woorde al verloor
En ek wil jou net herrinner aan dit
Sodat jy weet hoe lief ek jou het
 
Uit my hart se kamers kom ‘n woord
Van waar my liefde vir jou hoort
Maar het oos ‘n trekvoël weggevlieg
Tot in jou hart se wieg
 
Vanwaar my lied te voorskyn kom
Vanwaar my lied soos die son opkom
En my woorde soos sy strale versprei
En dit vrede en liefde in jou hart kan kry
 
Dan vlieg dit oop die aarde heen
Waarvan elkeen ‘n ietsie kan leen
So gryp ‘n bietjie liefde uit die lug
Die woorde van my gedig
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

My hart klop vir jou


Soos kookwater in my binneste
Klop my hart op sy vinnigste
‘n renmotor om ‘n baan
Wat al hoe vinniger gaan
 
Want van veraf kom jy aan
As my hart na jou toe gaan
Hy kan net nie meer wag
Dat jy eendag sou opdaag
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

Ek glo wat ek glo


Ek glo wat ek glo wat ek glo
Want my hulp kom van bo
Jy kan glo wat jy glo
Want net jy weet hoekom jy glo
 
Want wat ek glo werk vir my
Maar jy kan nie daarvan kry
Want wat jy glo is net vir jou
Vir my sal dit nie water hou
 
Want dit wat ek glo is reg vir my
En van dit kan jy niks nie kry
En wat jy glo is nie reg vir my
Daarvan kan ek ook niks nie kry
 
Want ek glo vir myself
Al kan jy daarteen stry
En jy glo vir jouself
Waarby net jy kan baat
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

Daar is hoop


Ek sit en kyk na die prentjies
Wat vervyflits en weer terugkom
En stop wanneer hulle gese word
Deur n onhoorbare stem
Wat hulle roep tot stilstand
Hulle voer die opdragte dadelik uit
Waarna ons verwonderend kyk
En hoop om dieselfde prentjies
Bymekaar te sien en vol hoop
En verwagting te aanskou
Op die maat van hul musiek
Dans hulle oor die skerm
Hulle hop, dans en wals
Die dans van vallende muntstukke
 
 
Lukas Engelbrecht
 
 

Ek sien


Ek sien
wat jy se
Wat jy doen
Wat jy wil
 
Ek sien
Hoe jy nag se
Hoe jy soen
As jy wil
 
Ek sien
Hoe jy le
Wat jy doen
In die nag se stil
 
 
Lukas Engelbrecht
 
 
 
 

Wanneer

Wanneer die somer kom

en die blomme begin blom

Wanneer die reen weer kom

En die lewe my verstom

Wanneer dit weer warm word

En n wolk sy hart uitstort

En die voeltjies weer begin sing

En die haan se kraai die son bring

 

 

Lukas Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Blommeties


In die tuine van my hart
Groei daar n blommetjie vir jou
Uit my liefde vir jou het dit ontstaan
Daar waar daar nou n blommetjie staan
 
Met jou nektar voed jy my
En vloei deur die binnekant van my hart
En wanneer die winde jou geure versprei
 
 
L.C.J. Engelbrecht
 

 

 

My selfoon


Wanneer ek my vinger oor jou vryf
Om jou skatkis oop te skuif
En ek krap in jou brein
Terwyl jy soek na n sein
 
Maar dan wil ek jou stukkend gooi
Jou ingewande oor die muur strooi
Jou met my vuis stukkend slaan
Jy maak my gedaan
 
Van jou nuke het ek genoeg
Oor die boodskappe wat jy spoeg
Om altyd van beter te weet
Maar ek het jou aan jou strot beet
 
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

Jou lyf


Lê jou kop hier op my bors
En hoor my hart bons bons
Kom lê hier styf teen my
As my hande oor jou liggaam gly
 
 
Lukas Engelbrecht
 
 

 

 

Geveg om dag en nag


Soos die geure van n roos
Bring die nag sy troos
Dan vergeet ek van alles om my
Tussen die sterre is ek vry
                 
Maar die oggendson bring die dag
En vredryf die rustige nag
En onthul weer die lewe
Die kombers van die nag vergete
 
Dan veg die nag weer teen die dag
Sy oorwinning fier hy sag
In kalmte sak hy neer
As hy die dag de geluide verteer
 
Maar dan verdryf die oggendson die nag
En skyn tot waar ek op hom wag
Sy oorwinning skree hy uit
As hy sy vlerke spruit
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

Valentine vir Celia


1 :
Na 37 jaar…….
sou ‘n mens nie kon dink
dat my oë nog sou blink
wanneer ek aan jou dink
 
2 :
Wees my Vantetyn…
Al is ek soms ‘n pyn
En al is ek ‘n grotman
Maak jy nog steeds my knieë lam
 
3 :
Wanneer ek nie sê….
Ek het jou lief
En behandel ek jou stief
Bly jy my hartedief
 
4:
Jy is….
My geluk
My plesier
My trots
Die kroon op my kop
 
5:
Nie net vandag….
Wil ek sê: Ek het jou lief
Maar elke dag..
Want elke dag het ek jou lief
 
 
 

 

 

Rol aan


Rol aan, rol aan
Oseaan
Kom golf, kom golf
Tot waar en staan
 
Water water
Net waar jy kyk
Kom aan kom aan
Wat kom en dan weer wyk
 
 
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

O, oseaan


Wat kan ek van jou leer
Jy, wat altyd vorentoe beur
Wat aanhou en aanhou
En op die wind vertrou
 
Wat nie ongee vir dag of nag
Ook nie oor jou eie mag
En dit wat jy wegsteek
Met jou skoonheid versteek
En my aandag op jou golwe vestig
 
Maar diep, daar diep binne jou
Dit wat ek nie kan aanskou
Wat le daar en wag
Wat hou jy vir die nag?
 
Die rots maak jy nie seer
Al probeer jy weer en weer
En al lyk jy so glad soos n spieel
Is dit waar die ongediertes speel
 
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

Gesëen


Eendag alleen
Eendag geseën
Met liefde en geluk
Iemand om styf vas te druk
 
Saam die toekoms in
‘n Nuwe begin
Met liefde aan jou sy
Wat die dood nie kan skei
 
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

Die gode lag


Gode en godinne onhoog
Lag hulle trane droog
As hulle na my lewe kyk
Want dwaashede raak ek kwyt
 
Groot genot verskaf ek
Soos ‘n dwaas soos ‘n gek
‘n slaapwandelaar in die nag
Soos ‘n dronkaard in sy slap
 
Help sal hulle my nie
Want dan sal hulle nie meer lag nie
Want in hierdie sirkus is ek nie nar
‘n skip wat nêrens heen vaar
 
En wanneer hulle lag verby is
En hulle my die dood in sus
En hulle vir my daar anderkant wag
Sal ek saam met hulle lag
 
Lukas Engelbrecht