Jy is die wilger langs die stroom
En in die nag, my droom
Jy is die aandster aan die hemel
Die gedagtes wat in my kop wemel
Jy is die briesie deur die blare
Die lewe in my are
Jy is die prinsessie op haar troon
Die feetjie met haar kroon
Jy is die sonstraal op my wang
Die engele gesang
Jy is die eerste lente reën
‘n God gegewe seën
Jy is die maanskyn op die see
die bokkie se eerste tree
Jy is die golwe op die strand
die veldblom teen die rant
Jy is die lelie van die veld
Die vrede na geweld
Jy is… ek is…lief vir jou.
L.C.J. Engelbrecht
This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.
No comments:
Post a Comment