meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Gediggies

Monday 2 February 2015

Gediggies

Gediggies van liefde vir jou

Gediggies om te sê ek is lief vir jou

Waar kry ek die woorde vandaan

Het ek dit geskryf of het dit iewers gestaan

 

Die woorde is lankal geskryf

Nog voor jou geboorte geskryf

Verkondig dat jy kom

Die mooiste onder die vroue kom

 

‘n Godin kom die wêreld in

en word deur almal bemin

so staan dit in die hemelboog

deur engele geskryf daar hoog

 

Almal moet dit kan sien

Sodat almal jou kan dien

Beeldskoon word jy genoem

En aan jou al die roem

 

Kyk na die hemel so hoog

Kyk met jou geestes oog

Dan sien jy ‘n engel besig

Om oor jou te skryf teen die blou lug

 

Gediggies deur engele vir jou

En ek skryf dit af vir jou

Sodat jy kan sien

Wat jy alles verdien.

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment