meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die Lewe

Wednesday 7 January 2015

Die Lewe

‘n Mens is ‘n dier

net soos ‘n mier

hy werk pure verniet

sonder om dit te geniet

 

Daar is meer in die lewe

Om na te strewe

As om werk toe te gaan

Dit maak jou gedaan

 

Ek glo

Dis binne my vermoë

Om my verstand te ontwikkel

Sonder ‘n gesukkel

 

Ek sien in die toekoms en verlede

Dis seker teen jou norme en sede

Met die geeste praat ek

Jy dink dit is gek

 

Om ‘n beter mens te wees

In siel en gees

Dis my siening van die lewe

En waarna ek strewe

 

Lukas Engelbrecht




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment