meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: January 2015

Thursday 29 January 2015

Iemand soos Jy

Iemand soos jy

Iemand vir my

Iemand beeldskoon

God het my beloon

 

Iemand so fraai

Wat my kop laat draai

Iemand so sag

Wat my lekker laat lag

 

Iemand so mooi

Ek wens sy was my nooi

Iemand so teer

Ek vra ook nie meer

 

Iemand so fyn

Laat my sorge verdwyn

Iemand soos jy

Wat my hart maar kan kry.

 

L.C.J. Engelbrecht

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Totsiens

Totsiens my meisie, my meisie so skoon

Mag God jou seën, seën met liefde en geluk

Mag al jou drome waar word en jy nooit ‘n traan hoef te stort

 

Mag die son elke dag skyn, skyn net vir jou

Mag die winde na jou waai, waai en vrede vir jou bring

En wanneer dit reën, weet dat dit God is wat jou seën

 

Laat God jou lei, lei na ware geluk

Mag Hy jou beskerm, beskerm ook teen my

Oorvloedig sal Hy gee, die begeertes van jou hart

 

Gelukkig is jy, omdat jy weet, daar is iemand wat jou nooit sal vergeet

Iemand wat weet wat liefde is, en dat jy dit nie uit kan wis

Onthou dit tot die dag wat God jou hand sal vat.

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Liefde

Verbode is my liefde, my liefde vir jou

Jy is so pragtig, so pragtig vir my

Of is ek voorbarig om van jou te hou

 

Darom sê ek liefling, hou my styf vas

En maak my gelukkig, gelukkig en vry

Hou my in gedagte, dan behoort ek aan jou

 

Jy helder my dag op met jou glimlag

Die plooitjies om jou mond en oë so sag

Jonk en onskuldig en beeldskoon is jy

 

Seksie is die lyfie waarmee y my bekoor

Wil jy nou hê dat ek kop moet verloor

‘n Dwaas sal ek bly vir ‘n meisie soos jy

 

Pragtig is jou hare, jou hare soos sy

Wens ek kon dit streel, my vingers deur dit gly

Hare en gesiggie, dit pas tog te mooi

 

Dink tog nie sleg, al mag ek nie

Ek kan tog nog sien, skoonheid staar my aan

Ek wil net sê: Ek is mal oor jou.

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Sterre

‘n Ster is net nog ‘n son

ver in die duistere heelal in

strale wat van ver af kom

van hulle weet ons maar min

 

Bedags kruip die sterre weg

Snage steek hulle hul koppe uit

Skaam is hulle tog nie

Saam vorm hulle die melkweg

 

So naby en tog so ver

Die blinkste skitterende ster

Hulle lyk soos brandende liggies

Soos stralende gesiggies.

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Maan

Hy hang groot en rond

Laag in die lug

Soms blink hy bont

Wat ‘n pragtige gesig

 

Daar is geen lug op die maan

So, as jy soontoe wil gaan

Vat vir jou ‘n emmer lug

Vir soontoe en terug

 

Soms blink die ou

Maar hy bedrieg vir jou

As hy jou nader nooi

Van naby is hy nie mooi

 

Hy is vol vlekke

Dis valeie sê die gekke

Die slimmes sê dis sees

Maar wie sal weet of dit waar kan wees.

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Planete

Soos ‘n mot om ‘n kers vlieg

Bly die planete om die son vlieg

Dan draai hy nog om sy eie as ook

Dis daarom dat die vuurspuwende berg kook

 

Snaakse planete hier by ons

Geen vlieë wat gaar gons

‘n mens kan daar ook nie lewe

onaangename plek is ook nie oordrewe

 

Elke planeet het sy maan

Wat al in die rondte om hom gaan

Die planeet se aantrekkingskrag

Is verantwoordelik vir die gedrag

 

Die planete in ons heelal

Kompleet met berg en dal

Net een het lewe op

Of het die ander se mense reeds die emmer geskop.

 

L.C.J. Engelbrecht

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Vrystaat

Hier gaan slaap die mense sommer vroeg

Hulle sê hulle is moeg

Maar waar kan jy nou hard werk op ‘n plaas

Jy is dan jou eie baas

 

Die plase sit myle uit mekaar

Jo buurman se huis kan jy skaars gewaar

Ek wonder hoe hulle dit regkry

Om nog stories te versprei

 

Dis vlaktes aanmekaar

‘n boom net hier en daar

en waar daar ‘n boom is

kan jy seker wees dat daar ‘n huis is

 

Die nooiens is die lelies van die veld

En die boere het glo baie geld

Hulle seuns word groot en sterk

Van al die harde werk

 

Nogal ‘n lekker plek

Maar die eensaamheid maak my gek

En as jy dalk daarvan hou

Sal jy later net soos ‘n bees herkou.

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Transvaal

Die provinsie Transvaal

Lê net noord van die vaal

Daar loop ons voete nie kaal

Maar met ‘n skoen of sandaal

 

Die Transvaal is die beste plek on te woon

Met al sy natuurskoon

Laat ek ons stede aan jou toon

En jy sal dadelik hier wil woon

 

In ons grootste stad, Johannesburg

Woon mense met pype vol murg

Want daar word jy sommer gewurg

Dit is nou Johannesburg

 

Vat nou maar Pretoria

Met die Jakarandas in al hul gloria

Daar betaal jy miskien meer as in Koria

Want dit is ons hoofstad, Pretoria

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Wednesday 28 January 2015

Grootmense


‘n Grootmens se gedrag
sou jy verwag
moet onberuspelik wees
sadat ‘n kind dit reg kan lees
 
Maar in die meeste gevalle
En die grootste getalle
Laat dit veel te wense oor
En dra dit so aan die kinders oor
 
Die kinders weet maar alte goed
Wat hulle nie mag nie an wat hulle moet
Maar as die grootmense dit anders doen
Hoekom mag hulle dit nie ook so doen
 
Die grootmens stel die voorbeeld
Die kind volg dit maar alte gereeld
Sal dit dan die goeie of slegte wees
Vir die kind sal dit die regte wees.
 
 
L.C.J. Engelbrecht
 
 
 

Die Dood


Stadig sweef jy af
In ‘n bodemlose put af af
 
Stadig sweef jy weg
Na ‘n onbekende plek weg weg
 
Stadig sweef jy deur die lug
Jy voel vreeslik lig lig
 
Stadig sweef jy na die lig
Aan die einde van die tonnel lig lig
 
Stadig sweef jy na die ewige lewe
Om daar te kan lewe lewe
 
L.C.J. Engelbrecht
 
 

  

Geboorte


Wanneer ‘n kind gebore word
Is hy maar baie kort
Hy weeg ook nie veel
En tog het hy ‘n grootte keel
 
Wanneer hy die eerste lewenslig aanskou
Gaan hy aan die skrou
Miskien het hy geskrik
Toe die dokter hom op sy boutjies tik
 
Al wat hy dan wil hê
Is om styf teen sy ma te lê
Net om haar te voel
Laat hom ophou woel
 
Hy is vreeslik dors
Want hy soek sy ma se bors
Dan sluimer hy in
Om so ‘n lewe te begin.
 
L.C.J. Engelbrecht
 
 

Baba


‘n Baba is ‘n oulike mensie
as hy net nie so wil grens nie
hy is altyd nat en vol winde
en verg nogal baie sielkunde
 
Mooipraat, paai en winde uitslaan
maak ‘n ma nogal gedaan
doeke omruil en was
voel hy soms na ‘n las
 
Sy laggie wek ‘n gevoel van warmte
En soms ook jammerte
Want hy is ‘n hulpelose baba
En sy enigste hulp is sy mamma
 
Maar haar bors swel
As sy van hom vertel
Haar storie ‘n bietjie oordrewe
Want hy is haar lewe.
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

Wins


Wins, wins, wins
Almal stel net belang in wins
Maak nie saak hoe hy dit kry
Maak nie saak hoeveel daaronder sal ly
 
Al is dit ons beleid
Is dit nie gierigheid?
Gierigheid is teen die Bybel
Asook om ander mense te kul
 
Te min geld vir hul arbeid
Anders is die wins nie so wyd
Onaangename werksomstandighede
Hulle is mos nie bestuurslede
 
Elke jaar moet ‘n grootter wins getoon word
Maak nie saak hoeveel trane ons stort
Hul oogpunt is om ‘n wins te sien
Maar wie kry die geld miskien
 
Hy wat die hardste werk?
Of hy wat die minste werk?
Hy wat werk in die aanleg?
Of hy wat teen sy vet sit en veg?
 
L.C.J. Engelbrecht
  

Rugby

Kort na die afskop

Is daar ‘n strafskop

Vir onkantspel

Wat die skare kwel

 

Soos hulle hul span ken

Sal hulle vandag weer wen

Maar as hy so aangaan

Maak hy hulle gedaan

 

‘n Drie word gedruk

daarna na die pale gemik

die skopper is nie op dreef

en skop toe ook weer skeef

 

hulle gaan nie verloor

want hulle het hul ekragte gestoor

nou slaan hulle hard

in die laaste kwart

 

Die beker word aan hulle gegee

Hulle het as wenners uitgetree

Hulle het weereens nie teleurgestel

Met hulle spel.

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Golf


Die balletjie so klein
Wat in die verte verdwyn
Is so hard soos klip
Sodat hy nie te veel kan wip
 
Hy val en bly lê
Vir ‘n maklike sethou
Oor die gras en dou
 
Van ver kom hy aangeloop
Met sakke vol hoop
Om as wenner uit te tree
En hoera te skree
 
Die konsentresie is hoog
Want hy moet speel met ‘n boog
Die bal die rol en rol
Hy het tot in die gat gehol.
 
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

Atletiek


Die skoot die klap
Hakke word in die aarde gekap
Die aarde word geskeur
Soos hulle vorentoe beur
 
As hulle so draf
Kom die voete al vinniger af
Die aarde dril
En die tyd staan stil
 
Nog ‘n ver pad om te gaan
Nog halfpad om die baan
Hulle is besig om hulself te moor
Want elkeen wil voor
 
In die pylvlak
Sal van hulle uitsak
Blitsvinnig en glad soos seep
Gly hy oor die wenstreep.
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

Boks


Hy kry ‘n hou teen sy oor
Die ou soek mos skoor
‘n hou teen die maag
sal hy maar een waag
 
Die hou teen die kaak
Vererger net sy saak
‘n hou teen die ken
hy sal die geveg nie kan wen
 
Met ‘n hou teen sy wang
Hoor hy engele gesang
Die hou teen sy hoof
Het sy kersie uitgedoof
 
Die hou teen sy rib
En die teen sy lip
En die teen sy kop
Sal sy boksloopbaan nie stop.
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

Krieket


Die bouler is gereed
Die kolwer is gereed
Die bouler storm vorentoe
Die kolwer tree vorentoe
 
Die bal kom uit sy hand
En hop op die kant
Swaai dan in
Maar die paaltjies is te dun
 
Nog ‘n bal met geweld
Het die kolwer ontsteld
Hy haak hom met al sy krag
Na die ou wat op die grens wag
 
Die bal trek hoog
Met ‘n boog
Ver oor su kop
Om nog verder te hop
 
Die volgende bal haak hy na regs
En het geen lopies gekry
Want voor die bal kon hop
Word sy beurt gestop.
 
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

Bierpens


Haai mens
Met jou groot grootte pens
Waar gaan jy heen
As jy so vorentoe leun
 
Trek in daai maag
Jy lyk traag
Ongeballenseerd
Heeltemal verkeerd
 
Dis ongesond
En die lont
Van ‘n vroeë dood
Jy verkeer in nood
 
Moenie vergeet
Om minder te eet
Dan sal jy kan vergeet
Van die skeet.
 
L.C.J. Engelbrecht
 
 

Ons is Een


Gelukkig vir my
Het ek ‘n vrou gekry
Gelukkig vir haar
Was ek daar
 
Ons trou toe sommer
Niks om ons oor te bekommer
Die lewe lê voor
Buite sing ‘n engele koor
 
Ons woeker en werk
En wat sou ons merk
Twee kinders op ‘n ry
heeldag aan die stry
 
Dit maak ons ‘n gesin
Wat mekaar bemin
Jy sien wat ek meen
Ons is een.
 
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

Ossewa


Die stof die trek
Soos die osse die werk
Die sweep kom neer
Al is hulle pote seer
 
Hulle swoeg en sweet
Maar niemand het die myle gemeet
Dis net vorentoe
Ons gaan noorde toe
 
Dis net aanhou en uithou
Dit begin al met die eerste moredou
Hou die wiele aan die draai
Tot waar kan ons nie raai
 
Dae, weke, maande
Maar ons bly staande
Die werk is hard
En daar’s nie tyd vir smart
 
Ons is amper daar
En ons pote is gaar
Daar sal ons kan rus
En miskien die harde werk mis.
 
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

Tuesday 27 January 2015

Skinder


As iemand sê
Ek wil nie skinder nie net sê
Dan moet jy nou maar weet
Hier gaan geskinder word dat dit sweet
 
As iemand sê
Gerugte wil dit hê
Dan word daar gepraat
Van almal in die straat
 
Het jy gehoor… word mee begin
Lieg dan twee keer in elke sin
Die storie is gewoonlik van koers
En hulle is gewoonlik jaloers
 
Mag jy aanhou hik
Totdat jy stik
Mag jou tong knoop
An die mense jou ‘Skinderbek’ doop.
 
L.C.J. Engelbrecht