meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: 2015

Wednesday 16 September 2015

Ek verwonderd my


Ek kyk na die foto van jou

En verwonderd my hoe jy ontvou

Nog net ‘n sentimeter of twee

Maar reeds met skoonheid beklee

 
Ek sien hoe jou selle aanteel

Soos die vorming van ‘n juweel

Waaruit daar liefde skyn

Soos uit ‘n fontein

 
Die lewe het ingeskop

Toe jou hart begin klop

En jy liefde wakker maak

Nog ‘n stukkie van my hart ontwaak

 

Lukas Engelbrecht

‘n Nuwe lewe


‘n Nuwe lewe

‘n Nuwe liefde

‘n Nuwe son

‘n Nuwemaan

 
Nogtans onbekend

Alreeds bemind

Nogtans ongesiend

Alreeds geliefd

 
Ek verlang na die dag

Ek kan nie meer wag

Wanneer liefde lewe kry

Met jou by my

 
Lukas Engelbrecht

‘n Wens


In die jare van my grys

Het God my ‘n guns bewys

Deur ‘n wens te vervul

My nageslag aan te vul

 
Want ‘n wens het lewe gekry

Uit liefde, verkry

Piepklein is jou begin

In wording bemin

 
Nou is jy nie net meer ‘n wens

en ook is jy nog nie ‘n mens

en al is die pad nog lank

het ons God reeds bedank

 
Lukas Engelbrecht

Monday 20 July 2015

Oor my nagrus waak


Wanneer Jupiter ‘n draai kom maak
En die maan oor my nagrus waak
En jy my in ‘n droom besoek
Vir ‘n nuwe storie in my boek

Dan daal die rus oor my neer
En staan ons voor droomland se deur
Nog net een treetjie verder gaan
Dan dans ons op die maan

Vry is ons saam in die hemelruim
Tot waar dit op die golwe skuim
êrens op ‘n eensame strand
op die heelal se kant

Uit frustrasie skop ek ‘n ster eenkant
en verskiet dit oor die land
van sterre, sonne en planete
en ek trek ‘n waas oor my gewete


Lukas Engelbrecht


Wednesday 15 July 2015

As jy weg is


Wanneer jy weg is

En ek wens dat jy al terug is

Dwaal ek doelloos in my drome rond

Want dit is jou wat ek kort

 

Lukas Engelbrecht


Sunday 24 May 2015

Brandberg


Die brandberg is van klip
Waarop ‘n koggelmander sit
Rooiwarm in die dag
Swartkoud in die nag
 
Magtig keer hy die son se straal
Wat sy hitte vir my bepaal
Dan gaan staan die son op sy rug
Om sy strale oor te lig
 
Aan sy voet klop ek op ‘n klip
Wat die hele berg laat wip
Want diep binne is verberg
Wat nog baie harde werk sal verf
 
Of hy sal gee of weerhou
As ek nog dieper grou
Want sy geheim is in ‘n Kristal vasgevang
Wat ek om jou nek wil hang
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

Clarens


Clarens
 
Die dorp het gaan slap
Saam met die kraaie se gaap
En die grondpaaie lê braak
En die sterre naak
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

Sunday 17 May 2015

Bekkie


Die lied wat ek vir jou wil sing
Moet ‘n glimlag om daai bekkie bring
Wys daai wit tandjies vir my
Almal netjies in ‘n ry
 
Lukas Engelbrecht
 




Wednesday 13 May 2015

In die Kakhuis


Ek sit hier in die kakhuis
Bo-op ‘n helse geruis
Van donderweer en waterstroom
Waarvan die natuur net kan droom
 
Maar die sit word lank
Midde in die stank
Van verteerde groente en vleis
So alleen in die kakhuis
 
Maar so het my Pa gesê
As jy minder stank wil hê
Vat groot monde vol
As die stank begin lol
 
Lukas Engelbrecht
 




Voëltjie


‘n Voëltjie hop oor die gras op soek na kos
Wie het vir hom ‘n ietsie gelos?
‘n Wurmpie of ‘n saadjie of ietsie om te eet
Wie het dit daar vergeet?
 
Lukas Engelbrecht




Waarheen nou?


Waarheen nou?
 
Die een voet voor die ander stap ek aan
Maar ek het nie ‘n idee waarheen ek gaan
Die stof het al in die verte gaan lê
Maar die pad kronkel nog tot waar die horizon lê
 
Verbeel ek dit my nie miskien
Is dit die horizon wat ek daar sien
Want die pad raak kort
Maar die horizon is vort
 
Stadiger val my voetstappe on die pad
Hoeveel verder sal die lewe my vat?
Hoe sal ek weet wanneer ek arriveer
Voordat ek weggeblaas word soos ‘n veer
 
Maar ek ploeter maar voort na daar
Totdat die nag die son weer baar
En die son sy merke op my los
Wat het hierdie reis my nie al gekos.
 
Lukas Engelbrecht
 



Monday 11 May 2015

Bok en Hanna


Die son het opgegaan
Toe ons hoor van jou bestaan
Met liefde het ons gewag
Geduldig met ‘n lag
Wanneer ons aan jou dink
 
Maar die son het onder gegaan
En ons lewens het gaan staan
Toe jou lag in die verte verdwyn
En ons met ‘n traan aan jou dink
Al ons liefde waar jy jou bevind
 
 
Lukas Engelbrecht
 



  
 

Droogte in my hart


Soos die sand in die woestyn rondwaai
Soek my hart ‘n plek om af te draai
En al word alles deur die son verbrand
Vind my liefde ‘n plek by jou om te land
Die wind lek die laaste druppel op
Maar die droogte in my hart het gestop
En al is die reen maar min
Is jou liefde ‘n nuwe begin
Die wind kan dit nie meer verwaai
Want die skip is in die kaai
Maar dan slaan die hitte my asem weg
En moet ek om oorlewing veg
Want ou lê my liefde in die woestyn
Totdat dit stadigaan verdwyn
 
Lukas Engelbrecht




Wednesday 11 March 2015

Sun Cottage


(my inskrywing in Sun Cottage se besoekersregister)
 
At the end of the days
When silence hits you in the face
And total darkness covers the day
And shift it over the mountain top
A million stars to greet the night
To remind you of His Might
You’ve witness Him on stage
When you’re at Sun Cottage
 
Lukas Engelbrecht
 

 

Uit die bloute


Uit die bloute daal n engel neer
En bring vir ons die seer
Want hy het haar kom vat
'n asemrowernde skat
 
Hy het ons lewens hier kom skud
Om nog 'n ster aan die hemel te sit
Sodat wanneer ons dit aanskou
Ons haar sal onthou
 
Maar sy neem ons liefde saam
Wanneer sy deur die poorte gaan
En al hou Hy haar hand
Sal ons liefde in haar brand
 
Maar die pyn is vlak gelee
As ons haar prys moet gee
 
 
Lukas Engelbrecht
 



Ons harte is seer


Ons is besoek deur ‘n engel
Om die ligte af te skakel
Van ons geliefde
En los ons met ‘n leemte
 
In ons gedagtes leef sy voort
Met vrae onbeantwoord
Maar nou sal sy weet
Ons sal haar nooit kan vergeet
 
Lukas Engelbrecht
 
 
 
 

Bloedrooi Lint


My woorde lê nog nat op die papier
Toe ek dit aan die posduif bind
En al is dit ‘n baie ou manier
Veral met ‘n bloedrooi lint
 
Ek hoop dat jy sal kan verstaan
En my briefie sal kan lees
Dat die ink nie vir ewig sal bestaan
En dit so gou moontlik sal lees
 
Want in die woorde is daar verskuil
Tussen die woorde is daar verberg
Dat ek elke aand oor jou huil
Totdat die slap my trane verberg
 
Maar die ink is nou droog
En het van die papier geval
Deur die jare verdroog
En nou lê my hart in die gal
 
Lukas Engelbrecht
 




Tweet posduif


(vir Chris Chameleon op Twitter)
 
1
Sprei jou vlerke en vlieg
En bring ‘n liefdesbriefie terug
 
2
Uit my hart stuur ek ‘n briefie vir jou
Vol liefde waaraan jy kan klou
 
3
Sprei jou vlerke oor my pad
Want jy ken die kortste pad
 
 
Lukas Engelbrecht
 



Posduif


(vir Chris Chameleon se Facebook blad)
 
1
Op die vlerke van die wind
Skryf ek vir jou ‘n brief
En ek hoop dat die posduif jou sal vind
Sodat jy sal weet ek het jou lief
 
2
Ek stuur ‘n briefie met ‘n posduif vir jou
Net om te sê: ”Ek berou
Die dag toe jy weggegaan het”
Want ek voel jou nou nog hier in my bed
 
3
My woorde fladder deur die lug
Soos die vlerke van ‘n duif
Om ‘n plek in jou hart te vind
Deur die liefde wat ons bind
 
4
Ek stuur ‘n posduif na jou
Ek stuur my liefde na jou
Ek stuur my woorde na jou
Ek stuur akkoorde na jou
 
5
Wanneer die posduif weer terugkom
Met woorde wat uit jou hart uit kom
Hou ek die hemele dop en wag
En gee nuwe hoop my weer krag
 
6
‘n Posduif met ‘n briefie aan sy poot
Van my liefde wat net aan jou behoort
wat deur die bloue hemel sweef
op soek na waar my liefde leef
 
7
Soos die vlerke van ‘n duif
Sprei my arms om jou lyf
En fluister ek my liefde in jou oor
Voordat die posduif dit verloor
 
8
Ek stuur ‘n posduif om my wense te bring
Luister met jou hart as hy my liedjie sing
Deel my gedagtes in jou binneste
Want in my hart is jy die eerste
 
9
Al lyk my posduif soos ‘n pappegaai
En kan hy soms liedderlik lawaai
Laat hy jou met my boodskap paai
Voordat jy sy nek omdraai
 
10
Ek wag nog vir ‘n boodskap van jou
Die aanvaarding van my berou
Ek dag my oë het my bedrieg
Want die posduif het net verby gevlieg
 
11
Aan sy poot het ek my briefie gerek
Maar my posduif het gevrek
Nou lê ek maar hier my wonde en lek
Terwyl ek van eensaamheid vrek
 
12
My gedagtes vlieg die ewigheid in
Na ‘n hart waarin hy kan klim
Om ‘n warm Nessie te kan vind
Waarin my liefde rus kan vind
 
13
Soos ‘n posduif vlieg ek na jou
Gedagtes, wense, begeertes na jou
Om jou met my vlerke toe te vou
Met ‘n kokon van liefde te omvou
 
 



Wat is dit die?


Ek sit hier en wonder oor die lewe
Oor dinge wat jou siel sal laat bewe
Oor hierdie oneindigende baan
Wat ons as die lewe verstaan
 
Ek gaan maar net aan en hoop
Dat Iemand weet waarheen ek loop
Al in die rondte loop my pad
Dit lyk my ek het alles oorskat
 
Ek het gehoop en gereken
Dat hierdie lewe iets beteken
Soos ‘n tol wat bly spin
En ek eindig waar ek begin
 
Is daar hoop in hierdie lewe
Of is dit ‘n gegewe
Van geboorte tot die dood
Wonder ek of is daar hoop
 
Nikswetend gaan ek maar voort
Maar dis nie hoe dit hoort
Ek het regtig mer verwag
Miskien te veel verwag
 
Lukas Engelbrecht
 
 
 
 

Dit reën in my siel


Diep in my siel val die reën
Waar is die God wat my sal seën?
Want daar buite skyn die son
Maar dit is nie wat van binne kom
 
Soos ‘n blaar wat waai in die wind
Waar sal ek die Koningkryk vind?
Maar selfs die wind het van my vergeet
Nou lê ek maar hier in my leed
 
Waar sal my hulp vandaan kom
of is ek nou net dom?
Was al die vooruitsigte verniet?
Sal ek omkom in my eie verdriet?
 
Eendag sal ek alles op kan som
Wanneer ek terugkeer vanwaar ek kom
Eers dan sal ek leer
En miskien weer prober
 
Lukas Engelbrecht
 
 
 

Naby jou


Soms is ek stupid en dom
Veral as ek naby jou kom
En as jou skoonheid my verbaas
As my binneste begin raas
 
Maar nou verlang ek na jou
En ek weet nie waar is jy nou
As ek maar net kon weet
Sou ek daar by jou kon wees
 
Lukas Engelbrecht
 
     

My gediggie vir jou


Ek is seker jy het dit al gehoor
Maar Miskien het jy die woorde al verloor
En ek wil jou net herrinner aan dit
Sodat jy weet hoe lief ek jou het
 
Uit my hart se kamers kom ‘n woord
Van waar my liefde vir jou hoort
Maar het oos ‘n trekvoël weggevlieg
Tot in jou hart se wieg
 
Vanwaar my lied te voorskyn kom
Vanwaar my lied soos die son opkom
En my woorde soos sy strale versprei
En dit vrede en liefde in jou hart kan kry
 
Dan vlieg dit oop die aarde heen
Waarvan elkeen ‘n ietsie kan leen
So gryp ‘n bietjie liefde uit die lug
Die woorde van my gedig
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

My hart klop vir jou


Soos kookwater in my binneste
Klop my hart op sy vinnigste
‘n renmotor om ‘n baan
Wat al hoe vinniger gaan
 
Want van veraf kom jy aan
As my hart na jou toe gaan
Hy kan net nie meer wag
Dat jy eendag sou opdaag
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

Ek glo wat ek glo


Ek glo wat ek glo wat ek glo
Want my hulp kom van bo
Jy kan glo wat jy glo
Want net jy weet hoekom jy glo
 
Want wat ek glo werk vir my
Maar jy kan nie daarvan kry
Want wat jy glo is net vir jou
Vir my sal dit nie water hou
 
Want dit wat ek glo is reg vir my
En van dit kan jy niks nie kry
En wat jy glo is nie reg vir my
Daarvan kan ek ook niks nie kry
 
Want ek glo vir myself
Al kan jy daarteen stry
En jy glo vir jouself
Waarby net jy kan baat
 
Lukas Engelbrecht