meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Brandberg

Sunday 24 May 2015

Brandberg


Die brandberg is van klip
Waarop ‘n koggelmander sit
Rooiwarm in die dag
Swartkoud in die nag
 
Magtig keer hy die son se straal
Wat sy hitte vir my bepaal
Dan gaan staan die son op sy rug
Om sy strale oor te lig
 
Aan sy voet klop ek op ‘n klip
Wat die hele berg laat wip
Want diep binne is verberg
Wat nog baie harde werk sal verf
 
Of hy sal gee of weerhou
As ek nog dieper grou
Want sy geheim is in ‘n Kristal vasgevang
Wat ek om jou nek wil hang
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

No comments:

Post a Comment