meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Oor my nagrus waak

Monday 20 July 2015

Oor my nagrus waak


Wanneer Jupiter ‘n draai kom maak
En die maan oor my nagrus waak
En jy my in ‘n droom besoek
Vir ‘n nuwe storie in my boek

Dan daal die rus oor my neer
En staan ons voor droomland se deur
Nog net een treetjie verder gaan
Dan dans ons op die maan

Vry is ons saam in die hemelruim
Tot waar dit op die golwe skuim
êrens op ‘n eensame strand
op die heelal se kant

Uit frustrasie skop ek ‘n ster eenkant
en verskiet dit oor die land
van sterre, sonne en planete
en ek trek ‘n waas oor my gewete


Lukas Engelbrecht


No comments:

Post a Comment