meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Droogte in my hart

Monday 11 May 2015

Droogte in my hart


Soos die sand in die woestyn rondwaai
Soek my hart ‘n plek om af te draai
En al word alles deur die son verbrand
Vind my liefde ‘n plek by jou om te land
Die wind lek die laaste druppel op
Maar die droogte in my hart het gestop
En al is die reen maar min
Is jou liefde ‘n nuwe begin
Die wind kan dit nie meer verwaai
Want die skip is in die kaai
Maar dan slaan die hitte my asem weg
En moet ek om oorlewing veg
Want ou lê my liefde in die woestyn
Totdat dit stadigaan verdwyn
 
Lukas Engelbrecht




No comments:

Post a Comment