meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: ‘n Wens

Wednesday 16 September 2015

‘n Wens


In die jare van my grys

Het God my ‘n guns bewys

Deur ‘n wens te vervul

My nageslag aan te vul

 
Want ‘n wens het lewe gekry

Uit liefde, verkry

Piepklein is jou begin

In wording bemin

 
Nou is jy nie net meer ‘n wens

en ook is jy nog nie ‘n mens

en al is die pad nog lank

het ons God reeds bedank

 
Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment