meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: 2014

Sunday 12 October 2014

‘n See van woorde

Jou skoonheid het my woorde ontneem

Deur die wind oor die aarde heen

Deur riviere weggedra

Na die see wat vra vir meer

Bring my woorde met die son

Laat sy strale na my toe kom

Gooi my woorde voor haar neer

Gooi dit deur haar hart se deur

Met al my woorde in 'n sak

Gaan ek vir jou 'n koek daaruit bak

Met my liefde versier

Soos  heuning met my woorde bedrup

Met my woorde nou in jou hart

In 'n see van woorde

Wat soos golwe oor jou spoel

En speel speel in jou hartjie woel

Lukas Engelbrecht

Bosbrand in my hart

In my hart brand daar ‘n vuur

Soos ‘n bosbrand wat verteer

In alle rigtings in gestuur

Deur die wind word dit beheer

Soos die golwe van die see

Voer dit my mooie liefde mee

En rol dit tot hier teenaan jou

On dit om jou hart te vou

Maar agter die vuur lê daar die swart

Van verlange en van smart

Van die liefde lank gelee

Word dit deur die wind toegevee

Selfs die rook word weggedryf

Nog ‘n liefde wat van ver af wuif

En dan wegraak in die vreem

En deur die heelal opgeneem

Lukas Engelbrecht

Tuesday 7 October 2014

Met ‘n posduif

Ek stuur my liefde met 'n posduif die wêreld in

Sodat hy sy soektog na jou kan begin

As hy sy vlerke oor die aarde sprei

En 'n plekkie in jou hartjie kry

Stuur die posduif dan weer terug

Want ek wag vir sy teken in die lug

En jou boodskap as hy koer

Wanneer die maan deur my venster loer

Maar die nag word donker en koud

En my hart raak stil en benoud

Waar het die posduif dan oornag?

Het ek hom te gou terug verwag

Dan lê die goud op die horizon

En in die verte sien ek hom

Afgeets teen  die hemelblou

Gaan jy tog met my wil trou?

Lukas Engelbrecht

‘n Briefie

Die briefie wat ek vir jou skryf

Het Miskien nie baie om die lyf

Want waar die ink op die papier lê

Kan nie beskryf hoe diep my liefde lê

En die posduif kan nie vir jou sê

Verduidelik hoe graag ek jou hier wil hê

Nogtans stuur ek met 'n duif

'n briefie wat van my liefde getuig

En wanneer jy tussen die lyne lees

Roep ek al is my stem al hees

En ek hoop dat jy sal kan verstaan

Dat my liefde oral saam met jou gaan

En al kom die posduif nooit weer terug

En al stuur jy hom op 'n ander vlug

Kan jy verseker wees

My liefde sal daar wees

Want my gees het jou gevind

Op die vlerke van die wind

Lukas Engelbrecht

‘n Appel vir jou

Hier is 'n appel net vir jou

In my liefde toegevou

Kry nog 'n appel van die boom

En laat jou liefde oor my stroom

Daar is nog appels aan die bome

Een vir elkeen van jou drome

Daar is 'n tafel vir ons twee

'n ete voorberei vir twee

Kom sit nou hier by my

Laat ek vir jou 'n appel kry

Kom geniet die liefde wat ek gee

Laat ons die Paradys betree

Hiers nog 'n appel net vir jou

Kry nog 'n appel hier vir jou

Laat ons ons liefde daarom bou

Laat ons dronk word van sy dou

Lukas Engelbrecht

Wednesday 1 October 2014

Kortstondig

Op en bladsy geskrywe

So kortstondig is die lewe

Lukas Engelbrecht

Sterre aan die hemel

Miljoene sterre aan die hemel

Wat in die donker nag rond wemel

Lukas Engelbrecht

Wat belangrik is

Lank gelede in die Vrystaat

In n Kroonstadse straat

Tussen die wyndampe deur

Die liefde wat net ‘n ma kan gee

Van alles wat belangrik was

Van ons drome en ons wense

Van alles het daar niks oorgebly

Net die liefde het gedy

In die skool het ons geleer

En ons harte was so seer

As ons nie kom kry wat ons wou hê

Wat na aan ons harte lê

Groot geword en getrou

Net om aan ‘n nasie te bou

Ons lewens verruil vir geld

Vir n motor en ‘n held

Lukas Engelbrecht

Friday 26 September 2014

Saggies

In my bedjie lê ek en wag

Op ‘n kussing lê my koppie sag

Vir Klaasvakie om te kom

Met sy ruggie krom

Saggies kom hy verby

Soos die windjie hier om my

En strooi sy sandjies sag

Tot ek slaap sit hy en wag

Lukas Engelbrecht

Jou laaste sê

Elke oggend word ek wakker

Met die geraas van my wekker

Sukkel sukkel staan ek op

Want my jeug is lankal op

Die ouderdom kou aan my bene

En bring ook ander skete

Maar vir elkeen is daar n pil

As ek van nog ‘n pyn wil gil

Soos die wekker om en om

Kan ek my jeug in ‘n dag opsom

Want vinnig gaan die dae verby

Totdat jy aan die ouderdom ly

Maar die ouderdom se dae is lank

voel jy elke dag se krank

Totdat jy eendag gaan le

En jou laaste sê sê

Lukas Engelbrecht

Monday 15 September 2014

Grootword

So word ons groot

Met botter en brood

Met n kam in die kous

En n brill cream kuif

En die meisie op die hoek

Om wie die manne kloek

So word ons groot

Met meisies en brood

Lukas Engelbrecht

Die vlaktes in

Oop lê die vlaktes die hemel in

Tot tussen die sterre in

Daar stap ek rond

Tot by die einde se gapende mond

sal ek omdraai of sal ek spring?

Wat sal die oplossing bring?

Spring ek vind ek dalk uit

En Miskien is ek dalk spyt

Draai ek om en vergeet daarvan

Maar gaan ek dit kan verban

Vind ek uit wat ek nie wil weet

Of probeer ek dit vergeet

L.C.J. Engelbrecht

Monday 1 September 2014

Sinkdakhuis

Sy bly daar anderkant die spoor

In ‘n sinkdakhuisie in die onderdorp

‘n ou Cortina in die motorhuis

Nog een vir parte agter die huis

Maar ek wil haar hê

Maak nie saak wat ander sê

Elke dag dink ek aan haar

Al my liefde net vir haar

In die sinkdakhuisie waar sy woon

Ja, ek weet dis nie te skoon

Op die rusbank kuier ons

Op ‘n kussingtjie van dons

Maar die sinkdak kort ‘n verf

En al die hoenders op die werf

Maak date k verlang

Na die meisie oor die spoor

Lukas Engelbrecht

Jou boot vertrek

Jou boot het weer vertrek

Wat verlange in my wek

Weereens seil jy weg

Teen die trane moet ek veg

Ver oor die oseaan

Ver weg het jy gegaan

Oor die horison se nek

Daar waar die son gaan sak

Weer het jy weggegaan

En my net hier laat staan

Net die see en lug se blou

Het jou siluet vervlou

Jy het my weer verlaat

Wat gaan ek nou weer maak

Hoe gaan my more lyk

As die donker oor my daal

Wens ek dat ek jou kan gaan haal

Lukas Engelbrecht

Ek stuur my liefde

Met die wolke stuur ek jou

My liefde soos die oggend dou

So bedek dit jou

Soos my liefde aan jou klou

Met die windjie bring ek jou

My liefde draai om jou

So is my liefde vir jou

Soos die stof wat aan jou klou

Ek stuur my liefde net vir jou

Omdat ek van jou hou

En my arms wil ek vou

Om jou liefde vas te hou

Met sy strale stuur ek jou

My liefde skyn ek net vir jou

En die nag kan dit nie vervlou

As my liefde aan jou hartjie klou

Lukas Engelbrecht

Saturday 23 August 2014

Ek lewe vir ewig

Stil lê die graf

Waar my oupa lê en wag

Dat die son weer op sal kom

En die ooste weer sal blom

Maar uit hom staan ek op

Uit die graf uit die stof

Want my lewe het hy gegee

Toe ek my eerste treetjie gee

So gee ek dit weer

Aan die wat uit my beur

Om dit weer oor te gee

Aan n nuwe ek te gee

So leef ek voort

En dis hoe dit hoort

Vir ewig op te staan

Uit my oupa se vergaan

Lukas Engelbrecht

This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Ek bou ‘n huisie

Ek bou n huisie vir ons twee

Met al die liefde wat jy gee

Jy maak my hart se kamers vol

jy laat my bloed dan daarin stol

Jou liefde skep jy vir my op

Ek leef van dag tot dag daarop

Want my dors is net na jou

As jou hart my hart omvou

Die tafel is gedek vir twee

Met al die liefde wat jy gee

My bord is vol en staan en wag

Aan die einde van die dag

Want al die liefde wat jy bring

Wat die voëltjies vir my sing

Laat my op wolke loop

Laat my op die toekoms hoop

Laat my tussen sterre loop

Laat my op die hemel hoop

Lukas Engelbrecht

This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Sunday 10 August 2014

Dis Mooi

Ek leer

Van die weer

En die sand

Op die strand

Die reën

Sê hulle, is ‘n seën

Die wêreld te deurweek

Dat nuwe plante kop uit kan steek

Die wind kom van die ooste

En gaan lê in die weste

Die wolke ry op die wind

En dring die reënbooglint

Koppies en randjies

Valeie soos mandjies

Teen die berg se hang

Skuur ‘n wolk sy wang

‘n Kronkelende rivier

wat die land versier

lowergroen wilgebome

op die rivier se some

Deur al sy wee

Kom hy tot by die see

Die sand is helder wit

‘n Seemeeu wat op ‘n rots sit

L.C.J. Engelbrecht

This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Plaasoggend

Een oggend op die plaas

En jy ken die geraas

Van die plaasdiere

Met hul snaakse maniere

‘n Voëltjie fluit

en hou jolyt

oor die nuwe dag

wat op ons wag

Die hond blaf vir sy stert

Hy’s die naam ‘Hond’ nie werd

Al in die ronte tol hy

Sy stert kom hy nie by

In die verte ‘n koei wat bulk

As sy vir haar kalfie wink

Om nader te draf

Sadat sy, aan haar melk kan verskaf

Van die rivier kom die gille

Van die krokodille

In die seekoeigate

Krioel hul uitgelate

L.C.J. Engelbrecht

This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Monday 4 August 2014

Verlaat my nie

Hoe de hel

Moet ek jou bel

Die foon bly beset

Jy het jou verset

Teen my drang

Na drank

Nou het jy my verlaat

Alleen agter gelaat

Hoe moet ek voortgaan?

Ek sal vergaan

Van hartseer en verlange

Sorgelose dae

Van vol mae

Skoon wasgoed en huis

En tuis………..

‘n goeie simpatieke vrou.

L.C.J. Engelbrecht

This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

My Maat

Twee is beter as een

Een is alleen

Gee my ‘n maat

Sonder ‘n hart vol haat

Met ‘n oop gemoed

Elke oggend as ek haar groet

‘n Maat wat ‘n geheim kan hou

met wie jy jou geld kan vertrou

wee die een wat val

sonder ‘n maat om hom op te tel

jou maat hou jou warmer

in die koue winter

As iemand met jou maat baklei

Snel jy gou om haar te bevry

In die kloue van die nag

is dit jy na wie sy smag

om haar te beskerm

en jou oor haar te ontferm