meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Bosbrand in my hart

Sunday 12 October 2014

Bosbrand in my hart

In my hart brand daar ‘n vuur

Soos ‘n bosbrand wat verteer

In alle rigtings in gestuur

Deur die wind word dit beheer

 

Soos die golwe van die see

Voer dit my mooie liefde mee

En rol dit tot hier teenaan jou

On dit om jou hart te vou

 

Maar agter die vuur lê daar die swart

Van verlange en van smart

Van die liefde lank gelee

Word dit deur die wind toegevee

 

Selfs die rook word weggedryf

Nog ‘n liefde wat van ver af wuif

En dan wegraak in die vreem

En deur die heelal opgeneem

 

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment