meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Met ‘n posduif

Tuesday 7 October 2014

Met ‘n posduif

Ek stuur my liefde met 'n posduif die wêreld in

Sodat hy sy soektog na jou kan begin

As hy sy vlerke oor die aarde sprei

En 'n plekkie in jou hartjie kry

 

Stuur die posduif dan weer terug

Want ek wag vir sy teken in die lug

En jou boodskap as hy koer

Wanneer die maan deur my venster loer

 

Maar die nag word donker en koud

En my hart raak stil en benoud

Waar het die posduif dan oornag?

Het ek hom te gou terug verwag

 

Dan lê die goud op die horizon

En in die verte sien ek hom

Afgeets teen  die hemelblou

Gaan jy tog met my wil trou?

 

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment