meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Jou laaste sê

Friday 26 September 2014

Jou laaste sê

Elke oggend word ek wakker

Met die geraas van my wekker

Sukkel sukkel staan ek op

Want my jeug is lankal op

 

Die ouderdom kou aan my bene

En bring ook ander skete

Maar vir elkeen is daar n pil

As ek van nog ‘n pyn wil gil

 

Soos die wekker om en om

Kan ek my jeug in ‘n dag opsom

Want vinnig gaan die dae verby

Totdat jy aan die ouderdom ly

 

Maar die ouderdom se dae is lank

voel jy elke dag se krank

Totdat jy eendag gaan le

En jou laaste sê sê

 

 

Lukas Engelbrecht

 

 

No comments:

Post a Comment