meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Jou boot vertrek

Monday 1 September 2014

Jou boot vertrek

Jou boot het weer vertrek

Wat verlange in my wek

Weereens seil jy weg

Teen die trane moet ek veg

 

Ver oor die oseaan

Ver weg het jy gegaan

Oor die horison se nek

Daar waar die son gaan sak

 

Weer het jy weggegaan

En my net hier laat staan

Net die see en lug se blou

Het jou siluet vervlou

 

Jy het my weer verlaat

Wat gaan ek nou weer maak

Hoe gaan my more lyk

As die donker oor my daal

Wens ek dat ek jou kan gaan haal

 

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment