meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Saggies

Friday 26 September 2014

Saggies

In my bedjie lê ek en wag

Op ‘n kussing lê my koppie sag

Vir Klaasvakie om te kom

Met sy ruggie krom

 

Saggies kom hy verby

Soos die windjie hier om my

En strooi sy sandjies sag

Tot ek slaap sit hy en wag

 

 

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment