meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek stuur my liefde

Monday 1 September 2014

Ek stuur my liefde

Met die wolke stuur ek jou

My liefde soos die oggend dou

So bedek dit jou

Soos my liefde aan jou klou

 

Met die windjie bring ek jou

My liefde draai om jou

So is my liefde vir jou

Soos die stof wat aan jou klou

 

Ek stuur my liefde net vir jou

Omdat ek van jou hou

En my arms wil ek vou

Om jou liefde vas te hou

 

Met sy strale stuur ek jou

My liefde skyn ek net vir jou

En die nag kan dit nie vervlou

As my liefde aan jou hartjie klou

 

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment