meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: ‘n Appel vir jou

Tuesday 7 October 2014

‘n Appel vir jou

Hier is 'n appel net vir jou

In my liefde toegevou

Kry nog 'n appel van die boom

En laat jou liefde oor my stroom

 

Daar is nog appels aan die bome

Een vir elkeen van jou drome

Daar is 'n tafel vir ons twee

'n ete voorberei vir twee

 

Kom sit nou hier by my

Laat ek vir jou 'n appel kry

Kom geniet die liefde wat ek gee

Laat ons die Paradys betree

 

Hiers nog 'n appel net vir jou

Kry nog 'n appel hier vir jou

Laat ons ons liefde daarom bou

Laat ons dronk word van sy dou

 

Lukas Engelbrecht

 

 

No comments:

Post a Comment