meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Wat belangrik is

Wednesday 1 October 2014

Wat belangrik is

Lank gelede in die Vrystaat

In n Kroonstadse straat

Tussen die wyndampe deur

Die liefde wat net ‘n ma kan gee

 

Van alles wat belangrik was

Van ons drome en ons wense

Van alles het daar niks oorgebly

Net die liefde het gedy

 

In die skool het ons geleer

En ons harte was so seer

As ons nie kom kry wat ons wou hê

Wat na aan ons harte lê

 

Groot geword en getrou

Net om aan ‘n nasie te bou

Ons lewens verruil vir geld

Vir n motor en ‘n held

 

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment