meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: ‘n Briefie

Tuesday 7 October 2014

‘n Briefie

Die briefie wat ek vir jou skryf

Het Miskien nie baie om die lyf

Want waar die ink op die papier lê

Kan nie beskryf hoe diep my liefde lê

En die posduif kan nie vir jou sê

Verduidelik hoe graag ek jou hier wil hê

 

Nogtans stuur ek met 'n duif

'n briefie wat van my liefde getuig

En wanneer jy tussen die lyne lees

Roep ek al is my stem al hees

En ek hoop dat jy sal kan verstaan

Dat my liefde oral saam met jou gaan

 

En al kom die posduif nooit weer terug

En al stuur jy hom op 'n ander vlug

Kan jy verseker wees

My liefde sal daar wees

Want my gees het jou gevind

Op die vlerke van die wind

 

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment