meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Sinkdakhuis

Monday 1 September 2014

Sinkdakhuis

Sy bly daar anderkant die spoor

In ‘n sinkdakhuisie in die onderdorp

‘n ou Cortina in die motorhuis

Nog een vir parte agter die huis

 

Maar ek wil haar hê

Maak nie saak wat ander sê

Elke dag dink ek aan haar

Al my liefde net vir haar

 

In die sinkdakhuisie waar sy woon

Ja, ek weet dis nie te skoon

Op die rusbank kuier ons

Op ‘n kussingtjie van dons

 

Maar die sinkdak kort ‘n verf

En al die hoenders op die werf

Maak date k verlang

Na die meisie oor die spoor

 

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment