
Dis nag
En ek wag
Vir die trein
Wat is dit wat daar skyn
Dis ‘n spook
Kyk net die rook
Kyk hoe sweef hy
Hy mag my nie kry
Ek moet wegkom
Voordat hy naderkom
My bene wil nie beweeg
My are is leeg
Ek moet wegkruip
Hy gaan my gryp
Nader en nader kom hy
Nader en nader na my
Kom nou bene, dra my weg
Teen ‘n spook kan ek nie veg
My bene weier
Shoe… gelukkig is dit net die kruier.
L.C.J. Engelbrecht
No comments:
Post a Comment