
Die skoot die klap
Hakke word in die aarde gekap
Die aarde word geskeur
Soos hulle vorentoe beur
As hulle so draf
Kom die voete al vinniger af
Die aarde dril
En die tyd staan stil
Nog ‘n ver pad om te gaan
Nog halfpad om die baan
Hulle is besig om hulself te moor
Want elkeen wil voor
In die pylvlak
Sal van hulle uitsak
Blitsvinnig en glad soos seep
Gly hy oor die wenstreep.
L.C.J. Engelbrecht
No comments:
Post a Comment