
Wanneer ‘n kind gebore word
Is hy maar baie kort
Hy weeg ook nie veel
En tog het hy ‘n grootte keel
Wanneer hy die eerste lewenslig aanskou
Gaan hy aan die skrou
Miskien het hy geskrik
Toe die dokter hom op sy boutjies tik
Al wat hy dan wil hê
Is om styf teen sy ma te lê
Net om haar te voel
Laat hom ophou woel
Hy is vreeslik dors
Want hy soek sy ma se bors
Dan sluimer hy in
Om so ‘n lewe te begin.
L.C.J. Engelbrecht
No comments:
Post a Comment