
Hy kry ‘n hou teen sy oor
Die ou soek mos skoor
‘n hou teen die maag
sal hy maar een waag
Die hou teen die kaak
Vererger net sy saak
‘n hou teen die ken
hy sal die geveg nie kan wen
Met ‘n hou teen sy wang
Hoor hy engele gesang
Die hou teen sy hoof
Het sy kersie uitgedoof
Die hou teen sy rib
En die teen sy lip
En die teen sy kop
Sal sy boksloopbaan nie stop.
L.C.J. Engelbrecht
No comments:
Post a Comment