
Gelukkig vir my
Het ek ‘n vrou gekry
Gelukkig vir haar
Was ek daar
Ons trou toe sommer
Niks om ons oor te bekommer
Die lewe lê voor
Buite sing ‘n engele koor
Ons woeker en werk
En wat sou ons merk
Twee kinders op ‘n ry
heeldag aan die stry
Dit maak ons ‘n gesin
Wat mekaar bemin
Jy sien wat ek meen
Ons is een.
L.C.J. Engelbrecht
No comments:
Post a Comment