
Die stof die trek
Soos die osse die werk
Die sweep kom neer
Al is hulle pote seer
Hulle swoeg en sweet
Maar niemand het die myle gemeet
Dis net vorentoe
Ons gaan noorde toe
Dis net aanhou en uithou
Dit begin al met die eerste moredou
Hou die wiele aan die draai
Tot waar kan ons nie raai
Dae, weke, maande
Maar ons bly staande
Die werk is hard
En daar’s nie tyd vir smart
Ons is amper daar
En ons pote is gaar
Daar sal ons kan rus
En miskien die harde werk mis.
L.C.J. Engelbrecht
No comments:
Post a Comment