
‘n Baba is ‘n oulike mensie
as hy net nie so wil grens nie
hy is altyd nat en vol winde
en verg nogal baie sielkunde
Mooipraat, paai en winde uitslaan
maak ‘n ma nogal gedaan
doeke omruil en was
voel hy soms na ‘n las
Sy laggie wek ‘n gevoel van warmte
En soms ook jammerte
Want hy is ‘n hulpelose baba
En sy enigste hulp is sy mamma
Maar haar bors swel
As sy van hom vertel
Haar storie ‘n bietjie oordrewe
Want hy is haar lewe.
L.C.J. Engelbrecht
No comments:
Post a Comment