
Stadig ontwaak die dag
As die son oor die water lag
Jy kan amper die stilte hoor
In sy geraas versmoor
Al kwê ‘n voel deur die lug
Druk die stilte hom terug
Selfs die geritsel van die wind
Word deur die stilte gebind
Ver koer ‘n duif
As die wind oor die water wuif
Sag lê die bootjie en rus
As die wind hom heer en weer sus
Twee eende kwaak in stilte verby
En een wat stil oor die water gly
En dit is die geraas van die natuur
Wat die stilte na my stuur
L.C.J. Engelbrecht
This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.
No comments:
Post a Comment