
By Hartbeespoortdam van die balkon
Staar ek na die ondergaande son
Dis toe dat die son van die berg afval
Tot ver onder in die dal
Stadig verander die lug se gemoed
Totdat die stikdonker nag ons groet
Dan spring daar liggies uit die water op
Dat hul skynsel oor die water hop
Saggies lê die bote en slaap
En wieg as die windjie gaap
Rustig haal die water asem
En blaas oor die dam sy wasem
Soos ‘n tsunamie kom die mis aangerol
‘n golf van mis wat oor my bol
Swaar is die mis so lig soos ‘n veer
So lig dat niemand dit kan keer
L.C.J. Engelbrecht
This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.
No comments:
Post a Comment