
Stil lê die ligte op die see
En lyk spookagtig van die strand
En voer my gedagtes daarna mee
Die ligte op die boot se kant
Want wat kan alles op ‘n boot gebeur
Wanneer die son sy kop wegsteek?
Die stilte daal dan neer
Wat is dit wat die donker wegsteek?
Wat doen die matrose in die nag
Wanneer die eensaamheid intree?
Is daar ‘n onheilspellende stilte of ‘n lag
Of voer die stilte hulle ook mee?
Word hulle ook seerowers in die nag
En lê die ander bote voor?
En veg hulle om die mag
Van die skat wat hulle buit?
Lukas Engelbrecht
This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.
No comments:
Post a Comment