
Soos die geure van n roos
Bring die nag sy troos
Dan vergeet ek van alles om my
Tussen die sterre is ek vry
Maar die oggendson bring die dag
En vredryf die rustige nag
En onthul weer die lewe
Die kombers van die nag vergete
Dan veg die nag weer teen die dag
Sy oorwinning fier hy sag
In kalmte sak hy neer
As hy die dag de geluide verteer
Maar dan verdryf die oggendson die nag
En skyn tot waar ek op hom wag
Sy oorwinning skree hy uit
As hy sy vlerke spruit
Lukas Engelbrecht
No comments:
Post a Comment