
Wie gaan dobbel sonder ‘n bietjie hoop?
Wie gaan dobbel sonder ‘n bietjie geloof?
En al werk dit nie
Sal dit hulle nie stuit
Weer en weer sal hulle gaan
Al is hulle geloof en hoop gedoem
Maar daar is altyd nie hoop
Vir geluk in hulle skoot
Sonder hoop sal hulle nie terugkom
Om ‘n ietsie ekstra te bekom
‘n bietjie geluk sal hê
As ‘n tjekkie voor hulle lê
Elke keer is daar hoop
Al moet hulle platsak loop
Hoop vir ‘n volgende keer
Laat hulle weer terugkeer
Lukas Engelbrecht
No comments:
Post a Comment