
Ons het ons tasse gelaai
En by die petrolpomp gedraai
Ons sing saam in ‘n koor
Met die liedjies van die radio
Die kilo’s vlieg verby
Na waar my ouma-hulle bly
Oor die berg en die vlaktes
Verby blomme en die kaktus
Met vakansie by my ouma
Wat kan ek tog meer vra
Miskien ‘n vakansie by die see
Maar dan moet met ons mee
Maar die ure gaan verby
Teen die slap moet ek nou stry
My oë wil nie meer oopbly
Ek bly verder, verder weggly
Wanneer my oë weer oopgaan
En my weg van droomland baan
En voel ek haar arms om my
Weet ek sy is lief vir my
L.C.J. Engelbrecht
This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.
No comments:
Post a Comment