
Herfs is weer in die lug
Sy windjie waai die grassies koel
Koue wolke hang laag
Die somer sterf met ‘n blaar se val
Blare geel en rooi geverf
Die groen gras nou grys
Ek is ook nou daar
Nooit sal ek die somer weer smaak
Hoe lank die herfs voor die winter
Hoe lank die winter voor die dood
Nooit sal die son weer vir my skyn
Om soos ‘n blaar te vergaan
Herfs is soos die skemer voor die nag
My winter my nag
Met die dood wat om middernag kom
Wat het ek van die somer van my jeug
Daarom hierdie raad vir jou….
Gebruik die son wat skyn vir jou
L.C.J. Engelbrecht
This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.
No comments:
Post a Comment