
Onseker is die toekoms van my volk
Hul sonde bedek hulle met ‘n wolk
Alhoewel die son daar buite skyn
Is hulle besig om in die mis te verdwyn
Hulle waardes het hulle prysgegee
Aan Satan het hulle oorgegee
Om die pyn van die sonde te verduur
Terwille van hul plesier
Die plesier wat die nag sal bring
Wat ‘n oomblik se lekkerte bring
Die genietinge van die vlees
Laat my ou volkie wees
Hulle het hul Vader prysgegee
En hul aan die sonde oorgegee
Want alles is nou mos reg
Ons stap saam op die breë weg
Geblinddoek deur wat mense sê
Vergeet hulle wat God wil hê
‘n vrye volk wat Hom aanbid
met klere, skitterwit
Keer om my volk, julle het verdwaal
Laat God die skille afhaal
Sodat julle weer kan sien
Wie julle nou eintlik dien
Want julle kyk en sien nie meer
Die kruis hang voor die deur
Julle luister en hoor nie meer
Die sagte roepstem van jul Heer
L.C.J. Engelbrecht
This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.
No comments:
Post a Comment