
Die wolke huil oor die stof
Oor ‘n traan wat op ‘n stofpad neerplof
En wegraak onder die vuil
Sy nat vir droog verruil
Die wolke huil oor die boom
Wat dood staan op die rivier se soom
Naak in sy winterskleed
Met die koue wat aan hom vreet
Die wolke huil oor die blom
Wat in die winter omkom
En sy kop wegsteek
En eers in die lente weer deurbreek
Die wolke huil oor die grashalm
Wat deur die winter talm
In die wind wieg hy heen en weer
Die hele winter deur
Die wolke huil oor die dier
Van die mier tot die tier
Wat agter sy dors aantrek
As sommige van die dors vrek
Die wolke huil oor die Insek
Wat naarstiglik aan ‘n blaar lek
Op soek na ‘n druppeltjie dou
En aan ‘n mondvol stof moet kou
Die wolke huil oor die voël
Wat vlieg van pool tot pool
En die wolke oorweeg
Maar sy nessie is leeg
L.C.J. Engelbrecht
This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.
No comments:
Post a Comment