
Wanneer die herfs die vuil van die bome afwas
En die groen van die gras
Die vuil-bruin grond toe val
Met die eerste water kristal
Wanneer die gras sy kleed afgooi
Soos die wol van die ooi
Die wind sy kleed rondwaai
In stukke die wêreld vol saai
Wanneer die boom hom uittrek
Kan jy die seertjies merk
Aan ‘n tak was daar ‘n blaar
Waar jy die seertjies gewaar
Wanneer die gras uittrek vir die koue
En lê in die winter se kloue
Om te oorwinter soos ‘n slang
Totdat die sonnetjie weer nader hang
L.C.J. Engelbrecht
This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.
No comments:
Post a Comment