
Wie sal my leer van my bestaan
Wat in my lewe aangaan
Wie sal my van die liefde leer
Van die vreugde by die seer
Wie sal my leer om nie te begeer
Dat ek genoeg sal kry elke keer
Wie sal my leer om nie gierig te wees
Tevrede te wees met een skaap of bees
Wie sal my leer wat die sonde is
Om my gewete nie met leuens te sus
Wie sal my leer wat die dood inhou
Sodat ek nie so aan die lewe vasklou
Was alles maar in ‘n boek
Sou ek nie na antwoorde bly soek
Maar die boek van die lewe
Is al die tyd in my gewete geskrewe
L.C.J. Engelbrecht
This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.
No comments:
Post a Comment