
Wanneer die geel die groen vervang
Die geel aan die bome hang
En die aarde saggies sug
Weet ons herfs is in die lug
‘n Tyd van rus lê voor
Maar eers die lewe verloor
Om as dood daar te staan
Wie sal die lewe in die dood verstaan
Dood staan hy daar maar hy lewe
Sy kleed lê aan skerwe
Stukkend, verslete in die wind
Naak soos ‘n pasgebore kind
Maar diep, diep daar binne
Toegedraai in spierwit linne
Saggsies lê dit en bewe
Daar diep binne rus die lewe
L.C.J. Engelbrecht
This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.
No comments:
Post a Comment