meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: May 2015

Sunday 24 May 2015

Brandberg


Die brandberg is van klip
Waarop ‘n koggelmander sit
Rooiwarm in die dag
Swartkoud in die nag
 
Magtig keer hy die son se straal
Wat sy hitte vir my bepaal
Dan gaan staan die son op sy rug
Om sy strale oor te lig
 
Aan sy voet klop ek op ‘n klip
Wat die hele berg laat wip
Want diep binne is verberg
Wat nog baie harde werk sal verf
 
Of hy sal gee of weerhou
As ek nog dieper grou
Want sy geheim is in ‘n Kristal vasgevang
Wat ek om jou nek wil hang
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

Clarens


Clarens
 
Die dorp het gaan slap
Saam met die kraaie se gaap
En die grondpaaie lê braak
En die sterre naak
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

Sunday 17 May 2015

Bekkie


Die lied wat ek vir jou wil sing
Moet ‘n glimlag om daai bekkie bring
Wys daai wit tandjies vir my
Almal netjies in ‘n ry
 
Lukas Engelbrecht
 




Wednesday 13 May 2015

In die Kakhuis


Ek sit hier in die kakhuis
Bo-op ‘n helse geruis
Van donderweer en waterstroom
Waarvan die natuur net kan droom
 
Maar die sit word lank
Midde in die stank
Van verteerde groente en vleis
So alleen in die kakhuis
 
Maar so het my Pa gesê
As jy minder stank wil hê
Vat groot monde vol
As die stank begin lol
 
Lukas Engelbrecht
 




Voëltjie


‘n Voëltjie hop oor die gras op soek na kos
Wie het vir hom ‘n ietsie gelos?
‘n Wurmpie of ‘n saadjie of ietsie om te eet
Wie het dit daar vergeet?
 
Lukas Engelbrecht




Waarheen nou?


Waarheen nou?
 
Die een voet voor die ander stap ek aan
Maar ek het nie ‘n idee waarheen ek gaan
Die stof het al in die verte gaan lê
Maar die pad kronkel nog tot waar die horizon lê
 
Verbeel ek dit my nie miskien
Is dit die horizon wat ek daar sien
Want die pad raak kort
Maar die horizon is vort
 
Stadiger val my voetstappe on die pad
Hoeveel verder sal die lewe my vat?
Hoe sal ek weet wanneer ek arriveer
Voordat ek weggeblaas word soos ‘n veer
 
Maar ek ploeter maar voort na daar
Totdat die nag die son weer baar
En die son sy merke op my los
Wat het hierdie reis my nie al gekos.
 
Lukas Engelbrecht
 



Monday 11 May 2015

Bok en Hanna


Die son het opgegaan
Toe ons hoor van jou bestaan
Met liefde het ons gewag
Geduldig met ‘n lag
Wanneer ons aan jou dink
 
Maar die son het onder gegaan
En ons lewens het gaan staan
Toe jou lag in die verte verdwyn
En ons met ‘n traan aan jou dink
Al ons liefde waar jy jou bevind
 
 
Lukas Engelbrecht
 



  
 

Droogte in my hart


Soos die sand in die woestyn rondwaai
Soek my hart ‘n plek om af te draai
En al word alles deur die son verbrand
Vind my liefde ‘n plek by jou om te land
Die wind lek die laaste druppel op
Maar die droogte in my hart het gestop
En al is die reen maar min
Is jou liefde ‘n nuwe begin
Die wind kan dit nie meer verwaai
Want die skip is in die kaai
Maar dan slaan die hitte my asem weg
En moet ek om oorlewing veg
Want ou lê my liefde in die woestyn
Totdat dit stadigaan verdwyn
 
Lukas Engelbrecht