meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Op sterwe

Monday, 20 April 2026

Op sterwe

 

Langs ‘n dam in die berge

Lê ek op sterwe

En wag elke dag

Vir die deur om oop te gaan

 

Om in die niet te verdwyn

Na daar waar die son sal skyn

Die deur agter my toemaak

In die ewigheid wegraak

 

Want ons weet glad nie

Wat gaan gebeur nie

Ons kan maar net hoop

Daar is ‘n pad om te loop

 

Want as daar ‘n god bestaan

Voor watter een sal ek staan?

en wat ek nie wis nie

Is of daar ‘n god is of nie

 

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment