Ek eet nou die brood
Van jou dood
Met myne wat stil, stil naderstaan
Sonder dat ons dit verstaan
Ek hoop om jou weer te sien
En selfs vashou, miskien
Ek hoop dat jy nou kan verstan
Waaroor het my besluite gegaan
Maar die brood wat ek nou moet eet
Die herhinneringe wat ek nie kan vergeet
Hou ek deur die jare vars
Met gedagtes oor hoe dit was
Maar die tyd loop aan
En eendag moet ek ook gaan
En hoop dat jy my sal kom haal
Om saam die brood vir oulaas te deel
Lukas Engelbrecht
No comments:
Post a Comment