meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die Seer

Wednesday, 15 April 2026

Die Seer

 

My gedagtes maal alweer

Alweer oor die seer

Altyd oor die seer

Hoe kan ek dit keer?

 

Dit vloei soos water

Soos die golwe van die see

Weer en weer

Maak dit seer

 

Soos die wind die wolke bring

En die reen uit hulle dwing

So is my gedagtes binne-in

Om weer na buite te spring

 

Hoe bere ek hulle weg

Soos ‘n ou leer in ‘n kas?

Hoe vergeet ek van die seer?

Hoe vergeet ek van jou seer?

 

Lukas Engelbrecht

 

No comments:

Post a Comment