meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die lewe gebeur

Sunday, 19 April 2026

Die lewe gebeur

 

Wanneer ek na die waters staar

En my gedagtes na benede daal

By die bodem verby

Daar sien ek jou

 

Al is jy al ver oor die brug

Roep my verlange jou terug

Na dit wat ek nie kon doen

Jou nog net eenkeer kon soen

 

Maar die lewe het gebeur

En ons liefde versteur

 

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment